Want to create an interactive transcript for this episode?
Podcast: Die ekonomie minuut
Episode: Nog twee jaar van beurtkrag (kry maar die sonpanele)
Description: Almal praat oor beurtkrag en met gister se nuus dat dit ten minste nog twee jaar gaan duur, het ek gedink om ook iets daaroor te sê. In eenvoudige terme is die vraag na elektrisiteit groter as die aanbod en in Ekonomie-1 beteken dit die prys moet styg. As die mark werk sal die aanbod stadig toeneem en prys stabiliseer. Ons kan lank praat oor wat die oorsake van die toestand is, en wat die beste oplossings is, maar vandag wil ek gesels oor die deel waar die mark werk – residensiële sonpaneelstelsels.